Wednesday, July 7, 2010

SPARKIE


My geduld is vandag weereens getoets! Nadat ons toer nou al 2 dae later begin het as beplan agv elektrisiteits probleme, en ek op Vryburg gestop het om 'n 10Amp skakelaar te koop om te vervang (goeters waarvan ek voorheen niks geweet het nie); het ons vrieskassies vandag ophou werk. Dis nou nie eers om te praat van die geyser wat ook te vanoggend ophou vlamme brand nie. Op Upington kry ek 'n vriendelike Sparkie wat gou gou die vrieskassie uittrek en daar sien ons altwee die probleem - 'n "strip joint" wat hang aan die gaspypie en daar 'n kortsluiting veroorsaak.

Nou werk die vrieskassies, maar ons stort nog koud! More sal ek daai probleem moet takel met mag en hopenlik sal die TravelStar dudes ons kan uithelp aangesien hul hande werk veel te wense oorlaat op die stadium!

Sparkie oor en uit vir dag 3.

1 comment:

  1. Hi Tita en Swarrie,boetie en sussie!!

    Ek en lienx mis julle al klaar vreeslik baie!

    Hoop dit gaan goed daar met jul.Ons dink elke dag aan jul en wens julle alle voorspoed toe vir die komende weke.

    Baie lief vir julle.

    Louw & Lienx

    ReplyDelete

reply and comments