Sunday, July 18, 2010

Donkiekarre!




Een ding wat jy nogal baie sien langs die pad is donkies- ook seker die enigste ding wat kan survive hier in die woestyn se klippe en sand. Die kids was nogal gefassineerd, dis nie iets wat ons baie hier in Featherbrooke sien nie!! Terwyl ons so by die diere verby ry, kan ek nie help om aan Jesus te dink en sy verhouding met donkies in die Bybel nie. Sjoe die arme dier lyk so nederig en eenvoudig en Jesus gebruik dit as sy KOninklike rytuig......wonder weer oor wat dit vir ons se. Maar dit nou eers daar gelaat- Marais se ek m oenie so ernstig skryf nie....het maar so geneigdheid om diep te raak..maar nou op 'n ligter trant.

So word donkies en naturrlik windpompe iets wat die pad korter maak. Windpompe word 'n "kyk wie kan die meeste sien speletjie" en donkies word 'n "sing-along" tyd, waar almal elke keer 'n nuwe version van "o die donkie moet opmaak en sing". Saam met donkies, kom daar natuurlik donkiekarre en dis nou eers interessant vir die stadsjapies. So besluit ek dat ons die eerste beste donkiekar moet stop en die kids 'n real life ervaring gee van hoe 'n donkiekar ry. Dit vat my trug na my kinderdae toe vader kersfees op die donkiekar aangery gekom het op die familieplaas in Calvinia. Ek sien Marais kyk my biekie skeef aan vir die voorbarige idee, maar dit lyk my toe hy ondersteun dit darem so in sy stilligheid. So ry ons en elke keer as ons by een kom is die tyd nie reg nie, dan is dit te donker, dan is die donkiekar te vol, dan is ons te haastig.

Maar uiteindelik tussen Khorixas en Etosha, tussen niks en nerens, kom hy aan. 'n Donkiekar ewe met 'n jong drywer en 2 makkers en is nie links nie en se vir Marais stop, hy ken sy vrou en stop toe maar. Vriendelik wink ek dat die manne moet stop en groet in Damara "Moeroe" wat goeie more beteken. Die drywer is Johannes en hy vertel ons van sy kar. "dis 'n donkie en 'n muil" se hy ewe trots en se "maar hul trek vreeslik mooi saam".....Ek dink toe so aan al die donkies en muile wat getroud is en aan dieselfde kar trek...hoe belangrik dat ons ook "vreeslik mooi moet saam trek". Sal maar nie se wie is die donkie en wie is die muile nie.

Nou, ja , 123 spring die kids in en daar laat waai hul teen 'n stywe pas. Nogal ver eers toe draai hul om. M neem fotos en kids jubel van joluit (so much vir Gold reef city se merrigo round) en Johannes glimlag breed met biekie geldjies vir 'n coke. Almal happy!!!!

2 comments:

  1. Ons liewe vriende. Dis amazing hoe julle gemis word. Mariet, Vrydae bid tussen 8am en 9 am is great om bietjie spesiaal vir jou/ en julle te bid... Dis snaaks hoe MEER ek my vriendin mis as ek regtig tyd neem ...x E-mail as jy kan ? En enige een op die blog ... kan ook Vrydae saammet ons intree en saam - waar - jy -ookal is - saam bid xx

    Dis great om te sien julle "suck the marrow out of life " WOW - julle ondervindings is fantasties en die FOTOS laat ons wil OPPAK , en OPVANG .... !

    Weet julle is altyd in ons gedagtes en geselsies.
    Moet ook nooit vergeet dat julle baie special is vir ons nie ! Mis julle maar gun julle elke oomblik van "building great memories "

    Liefde , Marinds en gesin xx

    ReplyDelete
  2. Hi daar Julle!! Dit klink omtrent opwindend! Michael wil net weet wanneer kan ons ook op so vakansie gaan??? Ons mis julle regtig, maar die tyd het al so vinnig gevlieg en voor ons weet is julle weer terug in ons geweste! Njoy elke oomblik en skryf soveel moontlik van julle ervaringe neer, sodat dit nie vergeet kan word nie...ons lees graag!

    Groete en liefde vir almal!
    Die Payne's

    ReplyDelete

reply and comments