Friday, July 30, 2010

ons het weer opvangs!!!!!














Julle ons het uiteindelik weer ontvangs en het soveel om met jul te deel.

ETOSHA
Die groot oop spasies en baie wild op een slag is die treffendste. Ons kamp by OKakuejo en dis 'n ware oase, kompleet met swembad en pragtige watergat langs die kampterrein. Kids het op hul fietsies rondgery en ons kom roep as daar spesiale diere by die watergat is. Die fietse saamvat was biekie optimisties van ons fietsry familie. Tandem is al in Swakop trug gekoerier, want sy het seergekry op die bike caddy en kids kry min kans om te ry, baie sand en wildernis....

Hoogtepunt was verseker ons vroegoggend uitry na 'n plein en watergat. Ons het al 4tjies bo-op die trok se dak geklim vir koffie en beskuit, net toe ons bo is sien ons die koning van die diere ewe chalant verbyloop so 100m vd trok. Nogal 'n aardige gevoel as jy besef jy het nou net 100m van 'n leeu geloop. marais was baie onseker of 'n leeu nie tog die vermoe he om bo-op die trok te spring nie. Ons het ook hienas gesien lui lekker isn die son baai. So baie daar in Featherbrooke se drive way bo-op die trok se dak gesit en droom van wildkyk in Etosha en hier is dit nou.


Epupa watervalle en die Himba mense

Na Etosha vat ons die pad noorde toe. Moeg gery kom ons by ‘n bordtjie wat se Himba skool en campsite, tussen die dorpie Opuwa en die valle. Ons draai dadelik in, gelok deur die belofte van toilette en storte. Ons ontmoet juffrou Ranja, ‘n Herero vrou wat skoolgee tussen niks en nerens vir 49 himba kinders. Julle, ons sien toe vir die eerste keer die raar en anderwereldse Himba mense. Hulle is rooi geverf met ‘n mengsel van klip en bokvet en het die eienaardigste klere en hairstyle, alles gekoppel aan ouderdom en status. En nee hul trek nie net aan vir die toeriste nie, hul lewe soos eeue terug, kompleet in klei hutte met kalbasse waarin hul die bokmelk hou. Hare word nooit gesny en word in ‘n mengsel van vet en fyngemaakte klip gevleg vorentoe oor doe gesig vir meisies en agtertoe vir mans. Meisies in hul puberteit se hare word in lang lokke ingedraai en met beeshaartossels versier. Vroue is kaalbolyf met beesvelrompies. Was nogal iets vir die kinders hierdie kaal vroue en kinders.
‘n Hoogtepunt was om Kruger en Kara te sien speel en “connect” met die Himba kinders. Kruger haal sy sokkerbal uit en ons speel ‘n lekker game sokker met die local kids. Kara vra dat die juffrou die die een Himba dogtertjie moet vra of sy haar maatjie kan wees en daar begin ‘n vriendskap sonder taal, net speel en lag. Dis so lekker om mens se kids te sien boundaries breek tussen kulture en tussen ryk en arm.
Epopa valle kampterrein asook Kunene rivier kampterrein bederf ons met die mooiste natuur in die mees onaangeraakte plek in suidelike afrika. Die lala palms versier die magtige Kunene rivier aan beide kante. Die voellewe is iets uit ‘n ander wereld. Ons word bederf deur die eerste keer ‘n rooioogtortelduif, swart riethaan, moeraswaterfiskaal, kaalwangkatlagter, bergwagtertjie, witborsjakkelsvoel, mvese langstertspreeu en woestynspekvreter. Ek en Marais het weer vir die eerste keer in jare by voelkyk uitgekom met kids wat ouerword. Die lonely planet se boek beskryf hierdie deel van Namibie as die “last true wilderness experience” en ons kan sien hoekom. Die eienaardige Himba mense wat daar rondloop, die rivier met sy krokodille, die pragtige lala palms en bruisende waterval laat mens voel of jy op een of ander onontdekte eiland is.

1 comment:

  1. Liewe Steyn en Huiseman familie.
    Sjoe ons wens ons was daar ! Jul ervaringe maak dit sommer vir ons ook heerlik om in ons harte saam te leef ! Ons mis julle nogsteeds. By die huis en julle huis gaan dit ook goed, niks om oor bekommerd te wees nie.

    MAAR.. MEER AS ENIGE IETS ANDERS VANDAG :

    MARAIS STEYN - HAPPY BIRTHDAY !!! MAG GOD JOU VUL MET SY SEEN EN BESKERMING.
    JOU WYSHEID EN VREDE GEE !
    MAG DIE GELUK BINNE EN BUITE JOU HART OORLOOP !
    MAG JY GIFTS IN DIE NATUUR VAN HOM KRY ... ELKE DAG.... OM JOU TE WYS HOE SPECIAL JY IS VIR HOM EN VIR ONS.
    GENIET JOU DAG MAAT ! ONS TOAST 'N WYNTJIE OP JOU VANDAG.

    WEET ons is baie LIEF vir julle almal.

    Liefde
    Joe , Marin , en kids . xx

    ReplyDelete

reply and comments