Monday, July 12, 2010

Namibie, die stilte, die woestyn


Ons is uiteindelik In Namibie, kamp vanaand in Swakopmund. Namibie is nog mooier as wat ons kan onthou. Wat my so ongelooflik byval is hoe baie van God se dinge daar is en min mense dinge. Selfs 5 km uit windhoek, is dit absolute bos en berge, nie eers 'n plaashuis nie. By Keetmanshoop slaap ons in 'n kokerboomwoud, vat aan mak versamelvoels en 'n ou vlakvark en speel in God se eie jungle gym van rotse, sover as wat die oog kan sien(genoem giant's playground).


Ek se net die heeltyd ouens hoe kan ons hierdie op kamera vasle, dis net te asemrowend en te groot vir mens se begrip. Ons aandpiekniek oppad Swakop toe in die middel van die Naukloof nationale park......net ons en die stilte en die sterre en die woestyn. Dit was een van daardie heilige oomblikke.


Swakop is vol doen dinge. Kids het vandag gesandboard(sommer by die hardware gekoop en geimprovise) (rides in die stad gaan nooit weer dieselfde wees nie). Dis vinnige, gevaarlik en jy eindig met 'n mond en broek vol sand, but they loved it!! Weer pappa.......


More gaan ons die klein 5 soek in die woestyn, saam met iemand wat weet hoe en waar. Ek moet se die woestyn is 'n groot bekoring vir die kids. Hul ken mos net mynhope, hierdie joburgers. So dit was great om Kruger se ogies te sien rek toe hy die duine en die woestyn vir die eerste keer sien.


Julle dis fantasties om so baie afrikaans te hoor, almal, alle kulture se eerste taal waarmee hul met jou praat is ons moedertaal. Dit voel sommer of jy hul 'n drukkie kan gee, veral as hul hom so lekker plat gooi. Om 'n volbloed Ovambian man of vrou so lekker te hoor praat in ons taal maak mens se hart warm. Taal bly darem 'n belangrike manier van bond.


Marais en Kruger kry genoeg stilte en dinktyd in. Kara mis kort-kort vir Mia (selfs 'n kokerboom geteken wat huil en se dit is sy wat Mia mis), maar sy en boetie bond weer soos lanklaas. Ek kry darem so nou en dan 'n medekamper beet en gesels lekker, maar ek moet se die stiltes en tyd, is vir my ook helend.


Gesels weer!

No comments:

Post a Comment

reply and comments