Friday, July 30, 2010

ons het weer opvangs!!!!!














Julle ons het uiteindelik weer ontvangs en het soveel om met jul te deel.

ETOSHA
Die groot oop spasies en baie wild op een slag is die treffendste. Ons kamp by OKakuejo en dis 'n ware oase, kompleet met swembad en pragtige watergat langs die kampterrein. Kids het op hul fietsies rondgery en ons kom roep as daar spesiale diere by die watergat is. Die fietse saamvat was biekie optimisties van ons fietsry familie. Tandem is al in Swakop trug gekoerier, want sy het seergekry op die bike caddy en kids kry min kans om te ry, baie sand en wildernis....

Hoogtepunt was verseker ons vroegoggend uitry na 'n plein en watergat. Ons het al 4tjies bo-op die trok se dak geklim vir koffie en beskuit, net toe ons bo is sien ons die koning van die diere ewe chalant verbyloop so 100m vd trok. Nogal 'n aardige gevoel as jy besef jy het nou net 100m van 'n leeu geloop. marais was baie onseker of 'n leeu nie tog die vermoe he om bo-op die trok te spring nie. Ons het ook hienas gesien lui lekker isn die son baai. So baie daar in Featherbrooke se drive way bo-op die trok se dak gesit en droom van wildkyk in Etosha en hier is dit nou.


Epupa watervalle en die Himba mense

Na Etosha vat ons die pad noorde toe. Moeg gery kom ons by ‘n bordtjie wat se Himba skool en campsite, tussen die dorpie Opuwa en die valle. Ons draai dadelik in, gelok deur die belofte van toilette en storte. Ons ontmoet juffrou Ranja, ‘n Herero vrou wat skoolgee tussen niks en nerens vir 49 himba kinders. Julle, ons sien toe vir die eerste keer die raar en anderwereldse Himba mense. Hulle is rooi geverf met ‘n mengsel van klip en bokvet en het die eienaardigste klere en hairstyle, alles gekoppel aan ouderdom en status. En nee hul trek nie net aan vir die toeriste nie, hul lewe soos eeue terug, kompleet in klei hutte met kalbasse waarin hul die bokmelk hou. Hare word nooit gesny en word in ‘n mengsel van vet en fyngemaakte klip gevleg vorentoe oor doe gesig vir meisies en agtertoe vir mans. Meisies in hul puberteit se hare word in lang lokke ingedraai en met beeshaartossels versier. Vroue is kaalbolyf met beesvelrompies. Was nogal iets vir die kinders hierdie kaal vroue en kinders.
‘n Hoogtepunt was om Kruger en Kara te sien speel en “connect” met die Himba kinders. Kruger haal sy sokkerbal uit en ons speel ‘n lekker game sokker met die local kids. Kara vra dat die juffrou die die een Himba dogtertjie moet vra of sy haar maatjie kan wees en daar begin ‘n vriendskap sonder taal, net speel en lag. Dis so lekker om mens se kids te sien boundaries breek tussen kulture en tussen ryk en arm.
Epopa valle kampterrein asook Kunene rivier kampterrein bederf ons met die mooiste natuur in die mees onaangeraakte plek in suidelike afrika. Die lala palms versier die magtige Kunene rivier aan beide kante. Die voellewe is iets uit ‘n ander wereld. Ons word bederf deur die eerste keer ‘n rooioogtortelduif, swart riethaan, moeraswaterfiskaal, kaalwangkatlagter, bergwagtertjie, witborsjakkelsvoel, mvese langstertspreeu en woestynspekvreter. Ek en Marais het weer vir die eerste keer in jare by voelkyk uitgekom met kids wat ouerword. Die lonely planet se boek beskryf hierdie deel van Namibie as die “last true wilderness experience” en ons kan sien hoekom. Die eienaardige Himba mense wat daar rondloop, die rivier met sy krokodille, die pragtige lala palms en bruisende waterval laat mens voel of jy op een of ander onontdekte eiland is.

Sunday, July 18, 2010

Donkiekarre!




Een ding wat jy nogal baie sien langs die pad is donkies- ook seker die enigste ding wat kan survive hier in die woestyn se klippe en sand. Die kids was nogal gefassineerd, dis nie iets wat ons baie hier in Featherbrooke sien nie!! Terwyl ons so by die diere verby ry, kan ek nie help om aan Jesus te dink en sy verhouding met donkies in die Bybel nie. Sjoe die arme dier lyk so nederig en eenvoudig en Jesus gebruik dit as sy KOninklike rytuig......wonder weer oor wat dit vir ons se. Maar dit nou eers daar gelaat- Marais se ek m oenie so ernstig skryf nie....het maar so geneigdheid om diep te raak..maar nou op 'n ligter trant.

So word donkies en naturrlik windpompe iets wat die pad korter maak. Windpompe word 'n "kyk wie kan die meeste sien speletjie" en donkies word 'n "sing-along" tyd, waar almal elke keer 'n nuwe version van "o die donkie moet opmaak en sing". Saam met donkies, kom daar natuurlik donkiekarre en dis nou eers interessant vir die stadsjapies. So besluit ek dat ons die eerste beste donkiekar moet stop en die kids 'n real life ervaring gee van hoe 'n donkiekar ry. Dit vat my trug na my kinderdae toe vader kersfees op die donkiekar aangery gekom het op die familieplaas in Calvinia. Ek sien Marais kyk my biekie skeef aan vir die voorbarige idee, maar dit lyk my toe hy ondersteun dit darem so in sy stilligheid. So ry ons en elke keer as ons by een kom is die tyd nie reg nie, dan is dit te donker, dan is die donkiekar te vol, dan is ons te haastig.

Maar uiteindelik tussen Khorixas en Etosha, tussen niks en nerens, kom hy aan. 'n Donkiekar ewe met 'n jong drywer en 2 makkers en is nie links nie en se vir Marais stop, hy ken sy vrou en stop toe maar. Vriendelik wink ek dat die manne moet stop en groet in Damara "Moeroe" wat goeie more beteken. Die drywer is Johannes en hy vertel ons van sy kar. "dis 'n donkie en 'n muil" se hy ewe trots en se "maar hul trek vreeslik mooi saam".....Ek dink toe so aan al die donkies en muile wat getroud is en aan dieselfde kar trek...hoe belangrik dat ons ook "vreeslik mooi moet saam trek". Sal maar nie se wie is die donkie en wie is die muile nie.

Nou, ja , 123 spring die kids in en daar laat waai hul teen 'n stywe pas. Nogal ver eers toe draai hul om. M neem fotos en kids jubel van joluit (so much vir Gold reef city se merrigo round) en Johannes glimlag breed met biekie geldjies vir 'n coke. Almal happy!!!!

Friday, July 16, 2010

Sandboading en klein vyf















14 July 2010 - Sandboarding
Driving down the Kalahari High Way between Swakopmunt and Walvisbaai, we scan the dunes for a nice place to try out our newly acquired card board racing machines. We climb up a big dune, Kara and Kruger racing ahead with me suffering behind with the two sand boards. At the top the two slide down the 50 meter descend at an alarming speed, crashing and rolling into the sand at the bottom. Generally I consider myself an adventurous dad, but have to confess that I panicked and ran after them at the first attempt. Nobody was injured, accept for a few bruises when I fell at the bottom of the dune, and kids had a wonderful time.



15 Julie 2010 - “Small Five”
Vanoggend 8h00 kom roep een van die werkers van Alta Brucken kampterein in Swakopmunt vir my, Kara en Kruger want Jannie van Living Desert Adventures het ons kom haal. Marietjie is siek en gaan die dokter vandag besoek. Die drie van ons gaan die “small five” in die woestyn soek. Tussen die duine ry ons met Land Rovers met groot wielle om op die sand te bly. Gou gou stop ons gits, Tommy die ex-natuurbewaarder, om die eerste spotting uit te wys. ‘n Kopstaan besie, wat op sy kop staan sodat oggend dou na sy mond kan afloop. In ‘n Plek wat maksimum 20mm reen per jaar, gewoonlik op een slag kry, is sulke truuks belangrik.
Kruger is intens betrokke by elke spotting, maar Kara het hou ‘n maatjie gemaak - “Micheal” Isrealiese dogtertjie wat in Nigerie bly. (Telefoon nommers word uitgeruil en beloftes om forever vriende te bly.) Haar pa vertel my dat Nigerie die “stinking arm pit” van Afrika is, en hulle is bly om te sien daar’s plekke soos Namibie. Daar is ook ‘n ikoniese ozzie student wat ‘n jaar lank travel en ‘n paar moeilike duitsers wat kla as Tommy te veel engels praat.
Volgende diertjie is ‘n sand duikende akkedis, die Ferrari van die woestyn. Daarna kry on die pragtig gekleurde Palmano gecko. Ook die “white lady” of “cartwheel” spinnekop wat in in netjiese tonneltjie in die duine leef.Laastens sien ons die Namakwa verkleurmannetjie wat als verorber wat ons voor hom neersit, en ongelooflik verkleur sodra hy in die son kom. Ek en die kinders geniet dit vreeslik saam en daar is tot genoeg tyd vir sandboarding teen ‘n styl duin af. Teen twee uur begin die kids kla dat hulle nou hoger is en die Milo ontbyd is nie meer in die maag nie! Tyd om “huis” toe te gaan.

16 Julie 2010 – Maanlandskap kamp
Vandag het ons deur die Maanlandskap getoer in die Naukluft park en in die wildernis gekamp. Trok het eerste keer werklik off road gery en goed gewerk – behalwe vir ‘n water tenk wat losgegaan het!!! Ek, Mariet en die kids het sononder teen ‘n bult opgeklim en oor ‘n plein gekyk hoe die ons ondergaan. Dit was ‘n ongelooflike ondervinding en die stilte die aand om die kampvuur het my vir die eerste maal laat voel ek’s uit die warboel van my besige lewe.K&K het hul ketties uitprobeer en al wat ‘n staal drom het die prys betaal. Ons het gesit en dink aan twee spesiaale tjomme – Marinda wat die lekker kampvuur komberse idée vir ons gegee het, en George wat al die ekstra pakplek in die trok ingeskroef het! Die plek is baie spesiaal vir my en Mariet.

Monday, July 12, 2010

Namibie, die stilte, die woestyn


Ons is uiteindelik In Namibie, kamp vanaand in Swakopmund. Namibie is nog mooier as wat ons kan onthou. Wat my so ongelooflik byval is hoe baie van God se dinge daar is en min mense dinge. Selfs 5 km uit windhoek, is dit absolute bos en berge, nie eers 'n plaashuis nie. By Keetmanshoop slaap ons in 'n kokerboomwoud, vat aan mak versamelvoels en 'n ou vlakvark en speel in God se eie jungle gym van rotse, sover as wat die oog kan sien(genoem giant's playground).


Ek se net die heeltyd ouens hoe kan ons hierdie op kamera vasle, dis net te asemrowend en te groot vir mens se begrip. Ons aandpiekniek oppad Swakop toe in die middel van die Naukloof nationale park......net ons en die stilte en die sterre en die woestyn. Dit was een van daardie heilige oomblikke.


Swakop is vol doen dinge. Kids het vandag gesandboard(sommer by die hardware gekoop en geimprovise) (rides in die stad gaan nooit weer dieselfde wees nie). Dis vinnige, gevaarlik en jy eindig met 'n mond en broek vol sand, but they loved it!! Weer pappa.......


More gaan ons die klein 5 soek in die woestyn, saam met iemand wat weet hoe en waar. Ek moet se die woestyn is 'n groot bekoring vir die kids. Hul ken mos net mynhope, hierdie joburgers. So dit was great om Kruger se ogies te sien rek toe hy die duine en die woestyn vir die eerste keer sien.


Julle dis fantasties om so baie afrikaans te hoor, almal, alle kulture se eerste taal waarmee hul met jou praat is ons moedertaal. Dit voel sommer of jy hul 'n drukkie kan gee, veral as hul hom so lekker plat gooi. Om 'n volbloed Ovambian man of vrou so lekker te hoor praat in ons taal maak mens se hart warm. Taal bly darem 'n belangrike manier van bond.


Marais en Kruger kry genoeg stilte en dinktyd in. Kara mis kort-kort vir Mia (selfs 'n kokerboom geteken wat huil en se dit is sy wat Mia mis), maar sy en boetie bond weer soos lanklaas. Ek kry darem so nou en dan 'n medekamper beet en gesels lekker, maar ek moet se die stiltes en tyd, is vir my ook helend.


Gesels weer!

Wednesday, July 7, 2010

SPARKIE


My geduld is vandag weereens getoets! Nadat ons toer nou al 2 dae later begin het as beplan agv elektrisiteits probleme, en ek op Vryburg gestop het om 'n 10Amp skakelaar te koop om te vervang (goeters waarvan ek voorheen niks geweet het nie); het ons vrieskassies vandag ophou werk. Dis nou nie eers om te praat van die geyser wat ook te vanoggend ophou vlamme brand nie. Op Upington kry ek 'n vriendelike Sparkie wat gou gou die vrieskassie uittrek en daar sien ons altwee die probleem - 'n "strip joint" wat hang aan die gaspypie en daar 'n kortsluiting veroorsaak.

Nou werk die vrieskassies, maar ons stort nog koud! More sal ek daai probleem moet takel met mag en hopenlik sal die TravelStar dudes ons kan uithelp aangesien hul hande werk veel te wense oorlaat op die stadium!

Sparkie oor en uit vir dag 3.

Tuesday, July 6, 2010

ONS VERTREK UITEINDELIK!!


Na maande van droom en beplanning is die Steyntjies oppad in Afrika in. Ja, die beplande sabbatical is heelwat korter as die aanvanklike 9 maande avontuur, maar ons kla nie met 'n witbrood onder die arm nie. Die 6 weke van Namibie en Botswana is nie te versmaai nie. Marais kan die hele week al nie slaap van opwinding nie, Kruger vra elke dag hoeveel slapies, net Kara is minder entoesiasties..."ek gaan vir Mia mis" is al wat ons hoor. So breek die groot PAK aan en kyk selfs ek as redelike ervare kamper is teen Sondag laat middag goed moeg van plekkies soek en die nuwe trok mooi inrig. Teen 4pm 4 Julie is die Steyntjies gereed en reg vir die blink wa om ons op 'n avontuur te vat. Met groot oe en moee lywe klim ons in, net om te hoor hoe die engin "klik" maak. Ja, battery pap.....elektroniese issues...almal uit. Lang storie kort is ouens wat van trokke wet, vlieg op die volgende dag en werk hele dag aan knoppies en drade...Steyntjies loop onrustig om die trok, ons wil ry. Niks meer kos of klere in die huis, als is gepak.




Nou ja round no 2, Dinsdagoggend 4am is ons fort en ons vat die pad: destination Kuruman. Stop gou op Vryburg vir nog reparasies en toe begin die holiday feeling. Trok ry lekker sterk, Marais is happy. Kids eet sjokolades en speel kaart sommer al van vroeg en die huise raak minder en die verkeer raak minder en ons voel hoe die spanning en gejaag uit ons lywe uit vloei. "ons is nie gemaak vir die stad nie" filosofeer ek en M . 10 ure later brand ons vuurtjie. Ek kan nie beskryf die vreugde om weer die verkyker uit te haal en tyd te he om te tuur nie. Kids speel hop skots en pluk peule, M skink wyntjie. Sjoe ons sien uit en ons bid: Here ons wil jou weer van nuuts ervaar hier in die stilte en in die bos. Kruger teken 'n kruis in sy memory boekie: "mamma ek gaan baie van God se goeters sien hierdie vakansie" Ek vat hom vir 'n laaste draai en ons kyk op na die hemelruim wat mos altyd helderder is in die bos. :God is groot boetie en ons is klein, fluister ek is sy oortjie.....