Na maande van droom en beplanning is die Steyntjies oppad in Afrika in. Ja, die beplande sabbatical is heelwat korter as die aanvanklike 9 maande avontuur, maar ons kla nie met 'n witbrood onder die arm nie. Die 6 weke van Namibie en Botswana is nie te versmaai nie. Marais kan die hele week al nie slaap van opwinding nie, Kruger vra elke dag hoeveel slapies, net Kara is minder entoesiasties..."ek gaan vir Mia mis" is al wat ons hoor. So breek die groot PAK aan en kyk selfs ek as redelike ervare kamper is teen Sondag laat middag goed moeg van plekkies soek en die nuwe trok mooi inrig. Teen 4pm 4 Julie is die Steyntjies gereed en reg vir die blink wa om ons op 'n avontuur te vat. Met groot oe en moee lywe klim ons in, net om te hoor hoe die engin "klik" maak. Ja, battery pap.....elektroniese issues...almal uit. Lang storie kort is ouens wat van trokke wet, vlieg op die volgende dag en werk hele dag aan knoppies en drade...Steyntjies loop onrustig om die trok, ons wil ry. Niks meer kos of klere in die huis, als is gepak.
Nou ja round no 2, Dinsdagoggend 4am is ons fort en ons vat die pad: destination Kuruman. Stop gou op Vryburg vir nog reparasies en toe begin die holiday feeling. Trok ry lekker sterk, Marais is happy. Kids eet sjokolades en speel kaart sommer al van vroeg en die huise raak minder en die verkeer raak minder en ons voel hoe die spanning en gejaag uit ons lywe uit vloei. "ons is nie gemaak vir die stad nie" filosofeer ek en M . 10 ure later brand ons vuurtjie. Ek kan nie beskryf die vreugde om weer die verkyker uit te haal en tyd te he om te tuur nie. Kids speel hop skots en pluk peule, M skink wyntjie. Sjoe ons sien uit en ons bid: Here ons wil jou weer van nuuts ervaar hier in die stilte en in die bos. Kruger teken 'n kruis in sy memory boekie: "mamma ek gaan baie van God se goeters sien hierdie vakansie" Ek vat hom vir 'n laaste draai en ons kyk op na die hemelruim wat mos altyd helderder is in die bos. :God is groot boetie en ons is klein, fluister ek is sy oortjie.....
Hello Mariet en Marais en Kruggie en Kara en Emma...? O ja waars Emma? Geniet julle eerste dag in Namibie, en onthou om fotos op die blog te sit, sodat ek behoorlik kan volg.
ReplyDeleteMarais ek hoop jyt bree wiele op die trok vir daai Namib sand. Geniet dit, julle verdien dit!! Braam
Haai liewe vriende, ons is bly julle trok is eidelik reg en besig om die langpad op te kou, ons wens ons was daar saam met julle en hoop julle het n wonderlike tyd. Ons dra julle op in ons gebede en bid vir julle vrede, voorspoed en ervarings wat julle net nader aan mekaar en aan God sal bring, liefde, Joe, Marinda, Gregory, Nicolas en Henk.
ReplyDeleteLiewe Tjommies, mag die teerpad van die stad en sy moeilikheid ophou .. mag die grondpad begin en julle voorspoed erfvaar met natuur en skoonheid wat jule harte blymaak.
ReplyDeletelief vir julle die Swanepoels xx
This comment has been removed by the author.
ReplyDeleteHI! Ons is so opgewonde saam met julle en volg graag julle wedervaringe! Megan se sy mis julle alreeds en in 'n kort tydjie wat sy en Kara mekaar beter leer ken het, het Kara baie diep in Megs se hartjie geklim! Ons hoop al die teenspoed is nou iets van die verlede!
ReplyDeleteVrede vir julle! Njoy!
Liefde
Shawn, Sanette, Michael, Megan & Morgan xxx